Cheddar muffins

cheddar muffin‘n Heerlike kaasmuffin resep. Dit is veral lekker as jy ‘n sterk verouderde cheddar kaas gebruik. Kan ook gebere word in yskas vir ‘n paar dae. Lekker as versnappering of om in die kosblik te pak. Sny dit oop smeer lekker botter op en ‘n bietjie basil pesto. Dit is heerlik. Hoop julle geniet dit.

BESTANDELE

  • 1 koppie amandel meel
  • 1 koppie pampoensaad meel
  • 1/2 koppie sesame saad meel
  • 1/2 koppie coconut meel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 150g roomkaas
  • 120ml botter
  • 2 eiers
  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas
  • 1 knoffelhuisie fyn gekap
  • knypie rooipepper
  • 1 teelepel sout

METODE

  1. Smelt botter en maak die roomkaas sag.
  2. Meng al die droë bestandele saam in mengbak.
  3. Voeg die botter mengsel, knoffel en eiers by en vou liggies in tot goed gemeng.
  4. Voeg die gerasperde cheddarkaas by en meng in.
  5. Skep lepels vol in gesmeerde muffin pannetjie en bak in voorafverwarmde oond van 180 grade celsius.
  6. Bak vir 20 tot 25 min of tot gaar.
  7. Laat afkoel en dien op soos verkies.